Montagu Krieket Klub is gestig in 2022 met `n spelerkorps van 16 lede. Die hoofdoel met die stigting was om die jeug van die omliggende dorpe en distrikte aktief betrokke by sport na die rugby seisoen te hou. Ons jeug sukkel tans met geweldige sosiale probleme en die krieketklub is een van die uitlatingskleppe om hulle nuwe toekomsdrome te bied.
Ons het tans drie spanne ( 2 Mans en 1 Dames ) wat aan kompetisies in Boland deelneem. Ons het tans gegroei tot ‘n spelerkorps van nagenoeg 50. Ons klub is gebou op christelike waardes en gesonde finansiële prosesse. Ons het ‘n droom dat ons eendag ons eie krieketveld sal besit waar meer van die jeug aan gesonde en gebalanseerde sport kan deelneem.
Ons word goed deur die plaaslike munisipaliteit ondersteun , maar daar is ook nog baie knelplekke. Ons weier egter dat enige struikelblokke ons sal verhoed om ons jeug deur sport te bemagtig.
Ons sit met talentvolle plaaslike krieketspelers ook van buite dorpe soos Ashton, Bonnievale, Robertson en ook McGregor wat deel vorm van Montagu Cricket Club en so het ons klub gegroei. Ons glo die klub sal nog groei en van die beste krieket klubs in die Boland wees.
| Contact | Glen en Peter-James |
| Contact Number | |
| E-mail Address | montagucricketclub22@gmail.com |