Donkies huppel oor Kaapstadse Filharmoniese Orkes konsert op Robertson.
Sondag 8 Oktober, 15h00 by die Oos-Kerk, ten bate van Eseltjiesrus.
Groot opgewondenheid bou in die Breërivier-vallei op vir ‘n seldsame musiekgebeurtenis. Vir die eerste maal ooit tree die gewilde Kaapstadse Filharmoniese Orkes in Robertson op, by die Oos-Kerk, Sondag 8 Oktober, 15h00.
Om dié dag nog dieper betekenis te gee word die sprankelende musiekprogram ten bate van Eseltjiesrus Donkey Sanctuary op McGregor aangebied. Eseltjiesrus bied ‘n permanente veilige hawe vir donkies wat uit haglike omstandighede gered is, mishandel was of nou bloot net ‘pensioenarisse’ is.
Die konsert word hierbenewens ook gehou om die klem te plaas op musiek se rol om mense bymekaar te bring. Organiseerder Johan van Zijl gesels meer oor die opsie om ook kaartjies te koop vir ander: “Deur borgskap van ‘n aantal kaartjies probeer ons om jonger en ouer mense te betrek om saam die voorreg van puik musiek te geniet. Dit sou andersins dalk nie vir hulle moontlik wees nie. Publieke ondersteuning vir die borgskap van ouetehuise, kore, jeugorganisasies en musiekstudente sal hoog waardeer word deur almal”, Johan van Zijl.
Die orkes bestaan uit 55 talentvolle musici van alle kultuurgroepe en bied ‘n program met uitsonderlike musiek items wat tereg genoem word “Musiek vir almal”. Die samekoms het ‘n tweeledige doel: die genot van goeie musiek en steun vir die welsyn en sorg van donkies.
Kaartjies gaan vinnig verkoop en is reeds beskikbaar by Toerisme kantore in Robertson, Montagu en McGregor. In Worcester is die verkooppunt Durbanstraat Dierekliniek. Alternatief kan kaartjies maklik aanlyn bekom word deur adopt@donkeysanctuary.co.za per e-pos te kontak. Vir enige navrae skakel 023 625 1593.
Wat doen Eseltjiesrus?
Eseltjiesrus, net buite McGregor, is 16 jaar gelede geregistreer as ʼn welsynsorganisasie en al hulle aktiwiteite en finansies word deur hulle bekwame Raad gemonitor.
Eseltjiesrus bied ʼn permanente tuiste en kundige, liefdevolle versorging vir donkies in nood, hetsy afgetree, verwaarloos of mishandel. Hier kan hulle hul laaste jare geniet met donkie-geselskap, geen stres, skuiling, voldoende voer en versorging tot hulle laaste oomblik.
Eseltjiesrus help ook donkies buite hul grense deur opvoedings-geleenthede aan te bied vir donkie-eienaars, versorgers en diere-welsynswerkers. Daar is ook ‘n hulplyn wat daagliks beskikbaar is by 023 625 1593.
Besoekers is welkom vanaf Donderdae tot Sondae tussen 10h00 en 16h00.
Kontak: info@donkeysanctuary.co.za
Webblad: www.donkeysanctuary.co.za
Kyk die Video van “Donkiehemel”, `n liedjie wat David Kramer vir Eseltjiesrus geskryf en uitgereik het in 2022: https://www.youtube.com/watch?v=9Z-xA4s9RMc
Groete,
Liny Kruger
LK Mediabook
082 464 1926.
Eseltjiesrus Donkey Sanctuary provides a permanent home and loving care to destitute, rescued donkeys. We also assist with the rehabilitation of donkeys and are involved in the training and support of donkey welfare practitioners in our country and around Africa.
Thursdays to Sundays we welcome visitors to the Sanctuary where you can visit with the donkeys with our visitor guides; browse our donkey shop and book displays; enjoy a light meal in our Coffee Shop; buy some of our wine or craft beer to enjoy at home; visit the Heritage display of donkey-related farm implements; enjoy Bella’s bench and Adam’s walk and visit the Memorial Cairn to remember a loved one.
Open Thursdays to Sundays 10am to 4pm
Entrance is by donation. We are pet and child friendly. Please keep pets on their leads at all times.
Eseltjiesrus Donkey Sanctuary is situated just 5kms outside the village of McGregor on the road between Robertson and McGregor on the edge of the Klein Karoo in the Western Cape Province of South Africa. We are 15kms from Robertson. Watch for the direction signs after Tanagra Winery on your right hand side.
info@donkeysanctuary.co.za
GPS: S33o 55’ 32.85”, E19o 51’ 58.32”