Ek was bevoorreg om vinnig met Morne Louwrens – voorsitter van die Cape 4×4 Challenge club te ontmoet in die aanloop van die eerste Doringlaagte 4×4 Fun Day op 12 September 2021.
Hy en sy span was reeds besig om ‘n “obstacle course” te bou vir die naweek se uitdagings. Avonture vir almal wat graag hulle 4×4 vaardighede wou kom uit toets.
Morne is hard aan die werk by Doringlaagte om Doringlaagte 4×4 as ‘n permanente aanbieding saam te stel hier in mooie Montagu – een van die groot Avontuur bestemmings in die Weskaap – en nou nog meer om na uit te sien.
Natuurlike 4×4 roetes by Doringlaagte gaan gegradeer word na “level 3 & level 4” en Morne Louwrens is net die man om dit te doen – as voorsitter van Cape 4×4 Challenge Club – “The official MSA affiliated 4×4 Off-road Competition Club in the Cape. MSA affiliation means that all our rules, regulations, events and championships are strictly governed by Motorsport South Africa.”
Die opening van Doringlaagte 4×4 was n groot sukses. En Di oganiseerders wil hul waardering en dank uitspreek aan al die deelnemers, Marshals en borge, Polyroads Ashton hoofborg, Montagu Toyota, Montagu Agrimark, Locarno, Elrico Motors en Burnco 4×4.
Ons voorblad foto hierdie maand is geneem deur Professionele fotograaf, Piet van Heerde – op die foto is Mike van As met sy V8 Land Rover. Hy ry al 20 jaar 4×4 “challenge”.
Die dag was beslis ‘n groot sukses en die begin van vele meer – soos Jim en Ronel Kriel van Doringlaagte ook saamstem:” Doringlaagte 4×4. Begin van baie!! Dankie vir al ons “locals” wat hier was. Dankie vir ons buur dorp Jacques Eygelaar vir jou ondersteuning en borg”.
Jacques Eygelaar van Polyroads Ashton, die hoofborg spreek ook sy dank uit: ”Baie dankie vir Doringlaagte 4×4 vir Saterdag 12 September se event en dat ons deel gewees het . En vir die lekker kuier saam vriende en nuwe vriende wat ons gemaak het. ‘n Paar lekker “obstacles” gewees aan ons kant”.
Delaine Kotze Hiscock wat ook heelparty lieflike fotos gepos het op Facebook- bedank ook vir Morne – “Baie dankie vir ‘n heerlike dag by Doringlaagte 4×4. Jy het jou oortref. Dis harde werk om so iets te reel en vir ‘n 1ste het jy baie goed gedoen. Dankie ook vir almal wat gehelp het.”
Morne los ons met nog baie om na uit te sien: “Ons beplan om die 14de November ‘n groot Boere / Kontrei 4×4 Fun Dag en familie kamp by Doringlaagte Resort /4×4 te hou. Iets om nie mis te loop nie.”
Nog ‘n geleentheid om avontuur in jou naweek in te sluit.
At Doringlaagte Resort on Talana Road, Derde Heuwel, Montagu