Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Art Bazaar Kinderkuns Uitstalling

December 3, 2021 @ 12:00 am - December 5, 2021 @ 12:00 am

art-bazaar-kinderkuns-uitstalling-1

Kinders se wonderlike verbeeldingsvlugte, uitgedruk op papier, kan van 3 tot 5 Desember in die ouditorium van die KWV Sentrum in Langstraat, Montagu, gesien word.

Art Bazaar, Hanna Naudé se kunsskool met klasse op Montagu, Ashton en Robertson, hou dan die skool se jaarlikse oorsig-uitstalling. Dit is ’n oorsig van die werk wat die hele streek se kinders deur die jaar gemaak het, en dis elke jaar ’n openbaring om te sien hoe skeppend die kinders kan wees en terselfdertyd goeie beheer oor die aanwending van verskillende kunsmediums behou.

Die mooi restourasiewerk wat tans aan die KWV geboue gedoen word, veroorsaak geen ontwrigting in die ouditorium nie en besoekers is baie welkom.

Weens Covid kan die gebruiklike piekniek vir kinders, ouers en vriende ongelukkig nie vanjaar gehou word nie. Hanna self sal vir die drie dae teenwoordig wees om mense deur die reuse uitstalling te neem.

Details

Start:
December 3, 2021 @ 12:00 am
End:
December 5, 2021 @ 12:00 am