Nasionale Melktert Dag 2016



Nasionale Melktert Dag 2016

27 February 2016

Suid Afrika is die enigste land in die wêreld wat ‘n Nasionale Melktertdag vier, maar Melktert is tog deel van ons tradisies. Terwyl my mond water vir daardie lekker melktert en ek die kaneel reeds in my neus kan ruik, wonder ek hoe het Melktert so deel geword van ons tradisies dat dit nou, soos braaivleis, ‘n dag van sy eie het ...

Melktert het blykbaar sterk Duitse trekke en is heel moontlik verwerk deur Afrikaners tot die nagereg soos ons hom ken. Maar melktert kom in verskillende vorme - van baie tradisioneel - kom ons noem hom die "unplugged version" – wat gebak word in ‘n spesiale pan op die vuur tot die bekende perfekte skilferkors en melkpap weergawe.

Dan is daar ook 'n groot gunsteling, wat heel goed sal aard in die nuwe "Banting" - die Korslose Melktert. Hierdie is altyd 'n gunsteling, vining - 'n maak-as-die-gaste-kom-resep.

Elke Melktert bakker/ster het ‘n geheime bestandeel of maniertjie – soos die tannie wat sweer by bokmelk in plaas van koei melk vir haar onverbeterlike melktert, of die raad om deeg op marmer uit te rol vir perfekte kors ….

Die opsies en spesiale advies is oral opgeteken in handgeskrewe resepteboeke, wat dogters en kleindogters maar net kan hoop hulle sal erf.

Hier in Montagu het Melktert ook sy merk gemaak op ‘n spesiale “shooter” - soet en lekker, met ‘n skop - probeer gerus ‘n melktertjie in ‘n klein glasie!

As spesiale geskenk aan ons lesers, deel Langeberg & Montagu Mail graag 'n gunsteling resep om Nasionale Melkterdag te vier:

My Ouma se Korslose Melktert:

- 25 ml (2 eetlepels) gesmelte botter
- 3 eiers geskei
- 125 ml (half koppie) suiker
- 250 ml (een koppie) meel
- 5 ml (1 teelepel) bakpoeier
- 1 ml sout
- 5 ml Vanielje
- 750 ml (2 koppies) melk
- Fyn Kaneel
Metode:
Klits gesmelte botter, eiergele en suiker saam. Sif meel, bakpoeier en sout saam, voeg by.
Roer Melk en Vanielje by mengsel en meng.
Klop eierwitte lekker styf en roer dan styfgeklopte eierwitte by mengsel in.
Gooi in gesmeerde bakskottel en sprinkel klein bietjie suiker en kaneel oor.
Bak 40 minute by 190 grade


Ons bedank Charmaine van Boere Bistro vir haar Outydse Melktert resep ( sy het belowe dat daar melktert sal wees by Boere Bistro op 27 Februarie – so gaan proe vir jouself)