Norman James Evertson



Photography & Freelance Writer

Norman James Evertson is 57 jaar oud en `n gebore en getoë Montaguer. Hy het in 1971 sy skoolloopbaan my Laerskool WARossouw begin en in 1982 aan die Langeberg Senior Sekondêre Skool te Robertson gematrikuleer.

Drie jaar later, op 28 Junie 1985, het hy by die Suid-Afrikaanse Polisiemag (SAP) wat later die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) geword het, aangesluit. Hy het as `n student-konstabel op Montagu begin en by twee ander polisiestasies in die Wes-Kaap, naamlik Worcester en Caledon gewerk. Hy het in sy polisieloopbaan van 33 jaar tot die rang van luitenant-kolonel gevorder. Op 31 Julie 2018, na sowat vier jaar op Caledon, het hy vrywillig uit die SAPD bedank.

Norman is op 2 Desember 1989 met Marionette (Nettie) `n nooi Fluks, ook van Montagu, getroud en het `n dogter, Jaydene Pienaar.

Norman het nog altyd `n liefde vir skryf gehad en sedert sy uittrede uit die polisie, het hy verskeie skryfkursusse deurloop om sy skryfvaardighede op te skerp. Hy het onder andere Skryf Briljante Nuusberigte, Fotojoernalistieke Moets en Moenies, Basiese Kursus in Joernalistiek en Volledige Fotojoernalistiek by SA Vryskutskrywer suksesvol voltooi.

Verder het hy ook `n daglange skryfwerkswinkel van Amateur Skrywersbond (ASB) onderleiding van die bekende skrywer, Ernie Mellet, voltooi. Hoewel Norman al verskeie nuusartikels en kortverhale vir koerante geskryf het, is sy kortverhaalbundel, Kort Stories, sy eerste boek wat gepubliseer word. Die uitgewer is Dagbreek Uitgewers.

Route Description

13 Magnolia St, Bergsig

Contact

Phone:079 027 9955
Email:

[ previous page ]

Images