Fynbos@58 Bath Street



Nowadays there is a lot of reference to Girl Power, but I lean more towards the Touch of a Woman, which can be soft when there is pain, firm when there is a need and magic wherever beauty resides.

“Fynbos” blossoms with a Woman’s touch I need to clarify right from the start that I, myself (Mareletta Mundey) are one of these four women, so I guess I cannot interview myself. But I am happy to share the view of the other three amazing women that make up this team: Carin van Nieuwenhuizen, Irene Blom and Adele Joubert.

Fynbos – die mooiheid van natuur, kuns, ‘n tikkie nostalgie en handgemaakte skoonheid. Die hand van ‘n vrou – maak dit vier vroue – is duidelik in hierdie winkel sigbaar.

Ek besef dat vier vroue wat saam werk sy eie uitdagings inhou, maar is dit eens as Irene Blom verduidelik: “Vier vroue kan ‘n gedugte span wees. Elkeen van ons besit unieke eienskappe wat mekaar komplimenteer. As gevolg hiervan het ‘n unieke winkel ontstaan.”

Ek wil van elkeen weet: Hoe en hoekom het jy betrokke geraak?

Irene: Ek het nodig gehad om my liefde vir die skep van juweliersware met half-edelstene en pêrels uit te leef. Daarmee saam het ek ‘n afsetgebied nodig gehad. Hierdie lieflike spasie pas my soos ‘n handskoen.

Adele: Ek is genader deur Irene en het besluit hier is ‘n wonderlike geleentheid om uiteindelik alles te kan uitstal en te verkoop, waarna ek gek is.

Carin: Ek moes my vorige besigheid, Ommie Hoek Juweliers, wat op die perseel bedryf was, vanweë gesondheidsredes sluit. Die bedryf is egter steeds in my bloed en ek geniet dit om myself met mooigoed te omring, daarom het ek besluit om die Ayala Bar juweliersreeks vanuit Israel in te bring. Die eksklusiewe reeks bestaan uit kunstig ontwerpte oorkrabbers, halssnoere en ringe wat ragfyn saamgestel en vervaardig is om selfs die mees kieskeurigste kliënt in verwondering te laat.

As for myself, my Diva dressing room needed a room. But not just any room, one that will call on the beauty of days gone by. So, Fynbos also holds the treasures of dress-up and a touch of nostalgia, the things little girls (and grown up ones too) dream of.

Die naam Fynbos was ‘n gesamentlike besluit en daar was ook heelwat insette van vriende, familie en Facebook ondersteuners.

Irene verduidelik: “Fynbos eggo die skoonheid van die natuur wat ons omring in die mooie Kaap.”

Having the privilege of living in Montagu, we are part of the Cape Floral Kingdom and the name Fynbos reflects all the beauty of our surroundings.

Carin borduur voort: “Fynbos is 'n eg Suid-Afrikaanse naam wat byval vind onder Afrikaans- en Engelssprekendes en is nie produkgebonde nie. Soos wat fynbos uit verskeie variëteite bestaan, so bied die winkel ook 'n groot verskeidenheid waaruit kliënte kan kies om hulle lewenspalette in te kleur.”

Soos die variëteite van fynbos, bring elkeen ook ‘n spesiale bydrae na hierdie mooi winkel.

Adele verduidelik met ‘n vonkel in die oog: “Ek is gek oor antieke porselein en het self ‘n groot versameling daarvan, daarom koop ons ook graag aan vir die winkel. Unieke “pottery” uit die Karoo en Keisie; geweefde lappe en handdoeke uit Sutherland en Karoo; heerlike bederf lyfprodukte en waslappe – alles mooi- en lekkerruikgoed.”

Vir my is dit beslis die goed waaroor ons as vrouens opgewonde raak “because we know what women want”. Vir die mans – kom gerus Fynbos toe vir die perfekte geskenk – ons kan jou help.

Irene val in met passie: “Ek het die voorreg om my passie uit te leef. Ek ontwerp juwele wat bestaan uit pêrels, gekombineer met half-edelstene. Maar meer as dit, ek verskaf ook ‘n diens wat pêrels her-string sommer hier op julle stoep, so niemand hoef Worcester of Kaap toe te gaan om hulle geliefde pêrels weer te string nie.

My ander groot liefde is blomme. Ek het in 1987 betrokke geraak in die varsblombedryf, ‘n bloemiste gehad en nou kan ek met groot dankbaarheid ook hierdie passie uitleef. Ek bring elke Donderdag vars blomme na Fynbos.”

Carin slaan die spyker op die kop (of is daardie dalk ‘n koppiespeld?) as sy byvoeg: “Elke vrou bring haar unieke talent en kreatiwiteit na die besigheid en ons vul mekaar aan. Dit hou die winkel voortdurend nuut en skeppend om nooit vervelig en voorspelbaar te wees nie.”

Die mooiheid van Fynbos is die voortdurende veranderings. Veral Irene, wat die winkel meestal beman namens die res van ons, is op haar gelukkigste wanneer sy kan mooi maak, rondskuif en haar kreatiwiteit uitleef soos ‘n mooi gedig. Wat natuurlik ook een van Irene se vele talente is – die digkuns.

Ons droom daagliks saam oor die toekoms van Fynbos. Irene is heel prakties in haar droom: “Om elke faset van die winkel uit te brei, ons wil ‘n plek in Montagu skep waarop almal trots kan wees. Dit is waarheen ons oppad is.”

Carin: “My toekomsdroom vir Fynbos is dat dit 'n besigheid sal wees waar kliënte altyd welkom voel en telkens verras sal wees deur die verskeidenheid wat gebied word.”

Adele stel dit so mooi: “Dat die winkeltjie met ‘n siel van sy eie, net sal groei… soos die Kaap se Fynbos.”

So, ons klink ‘n glasie op vroue wat saam werk, vroue wat mooi maak, vroue wat glo in ‘n tikkie nostalgie en vroue wat droom. Fynbos is vir JOU!

Route Description

Fynbos @ 58 Bath Street – previously where Carin van Nieuwenhuizen’s Ommie Hoek Jewelers store was.

Contact

Contact:Irene Blom
Cell:084 504 2222
Email:
Website:https://www.facebook.com/groups/2288961581152498/

[ previous page ]

Images